Skip to main content

Messiaanse Danse - 'n Lofprys Dansbediening

    

Daar is baie name vir hierdie soort danse – Messiaanse danse, Hebreeuse danse, Davidiese danse, Israeli aanbiddingsdanse. Noem dit wat jy wil, dit is vervullend, bevrydend, gee uitdrukking aan jou gevoel en is ‘n wonderlike manier om ander te bedien. Dit is ook ‘n groot voorreg en seën en ons dank die Vader elke dag vir ons goeie gesondheid en die geleentheid wat Hy vir ons skep om vir Hom te dans.

Die doel van die Moadim-dansspan is nie vertoning (performance) nie, maar aanbidding en bediening. Ons het mans en vroue van alle ouderdomme, vorms en groottes in ons span en een van ons doelwitte is om te wys dat die soort dans vir die hele gesin is, nie net vir diegene wat opleiding in ‘n dansvorm het of wat die regte vorm en grootte is nie.
 
Die Skrif is vol woorde vir en verwysings na dans. ‘n Paar Hebreeuse woorde is vertaal as “dans” en beskryf beweging – woorde wat verwys na spring of huppel, dans, om in die rondte te draai (soos koning David toe die ark na Jerusalem gebring is), om in sirkelbewegings te dans, om van vreugde in die rondte te dans.
 Die webwerf www.davidicdance.com onder die opskrif “Dancing in Scripture” gee ‘n interessante verduideliking van sommige van die woorde wat gebruik word. Twee woorde word afgelei van dieselfde stam, wat twee basiese idees bevat – die een is dans, rondtol, en die ander is om te krul van geboortepyne, of te bewe van vrees. Die stamwoord word gebruik in Ps. 97:4 en 114:7 en praat van die aarde wat bewe wanneer God se krag vertoon word. In Ps. 96:9 sal “ ‘n meer akkurate prentjie die wees van mense wat bewe van vreugde of selfs dans. Die kombinasie van die gtwee basiese idees kan ‘n mens laat dink aan dans as ‘n manier van barensnood soos wat geboortepyne nuwe lewe voortbring.”  Lees meer op die webwerf.
 Die woord “worship” kom van die ou Engelse woord “worthship”. Ons aanbid Elohim vir dit wat Hy werd is. Hy is die een wat geloof en verhef moet word. Die Vader en die Seun is die voorwerpe van ons lof en aanbidding terwyl die Gees die voertuig is waardeur ons hulle aanbid. Wanneer ons aanbid, neem die Gees die aanbidding en maak dit aanvaarbaar vir die Vader en die Seun. Dit wat Yahweh ons gegee het, weerkaats ons terug na Hom deur die Gees wanneer ons dans.
Skrifverwysings na dans is die volgende (geneem uit die 1953-vertaling):
Ex 15:20: En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse..  
 
1 Sam 21:11:Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende?  
 
Psa 149:3 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.
.
Psa 150:4 Loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;  
 
11 Sam 6:14: Daarby het Dawied met alle mag gedans voor die aangesig van Yahweh; en Dawied was omgord met 'n linneskouerkleed..  
 
1 Kron 15:29: Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die HERE; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed... I Kron 15:29
 
Jer 31:4Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.
 
Jer 31:13 “Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.,
 
Sef  3:17 “Yahwehjou Elohim is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
Tamboeryne, vlae en ander elemente dra in hulleself geen krag nie, maar wanneer hulle as instrumente van aanbidding gebruik word, het hulle ‘n kragtige invloed op die geestelike realm. Die woord banier in die Skrif kan ook as vlag geïnterpreteer word.
 Wanneer ons aanbid, sê die Skrif dat ons antwoord op gebed verkry, wonderwerke gebeur, ons sien oorwinning, lofprysing lei tot vreugde, verlore siele word gered, ons ontvang krag, ons bewys dankbaarheid, vreugde, eer en glorie, dit bring ons in die teenwoordigheid van die Vader. Lees die volgende Skrif vir bevestiging:
Jonah 2:9,10  Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Verlossing behoort aan Yahweh.” Daarop het Yahweh die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.
Handelinge 16, Joshua 6, Rigters 7
2 Kron  20:21, 22Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en Yahweh geloof met die woorde: "Loof Yahweh, aan sy liefde is daar geen einde nie." Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het Yahweh onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely.
 
Jes  30:32 …en elke keer wanneer die slae op Assirië afkom en hom tref, sal die simbale en die liere weerklink. Die Here sal self teen Assirië veg..
 
Hand 2:47 …en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.
Hand 16:25, 26:  Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluisterSkielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak.
 Neh 8:11: as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm..
Ps 44:8, 9: want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee het en ons vyande die aftog laat blaas het. Ons het God die hele dag deur geprys en sy Naam altyddeur geloof .
Daar is baie gevalle wat in die Skrif genoem word waar, wanneer mense Yahweh begin prys en aanbid, Hy die stryd in hulle mag oorgee en hulle oorwinning behaal.
 
** Sluit by ons aan, of laat ons toe om u te kom bedien met dans en aanbidding en die liefde vir en aanbidding van die Vader en Yeshua met u te deel.
Ons is in die suidelike voorstede, maar enigeen is welkom en ons is bereid om op enige plek te bedien. Skakel my by 082 447 0694 of stuur ‘n e-pos na  lorraine@moadim.za.org.